Desperate Housewives

Desperate Housewives
Genre Satiredrama
Geskep deur Marc Cherry
Geskryf deur Marc Cherry, Bob Daily en Jeff Greenstein
Geregisseer deur Larry Shaw
David Grossman
e.a.
Met Teri Hatcher
Felicity Huffman
Marcia Cross
Eva Longoria
Ricardo Antonio Chavira
Andrea Bowen
Doug Savant
Kyle MacLachlan
Nicollette Sheridan
Dana Delany
Drea de Matteo
Shawn Pyfrom
Maiara Walsh
James Denton
Vanessa Williams
Richard Burgi
Vertel deur Brenda Strong
Temamusiekkomponis Danny Elfman
Openingstema Desperate Housewives Theme
Komponis(te) Steve Bartek
Stewart Copeland
Steve Jablonsky
Oorsprong VSA
Taal Engels
Aantal seisoene 7
Aantal episodes 157
Produksie
Uitvoerende vervaardiger(s) Marc Cherry
Tom Spezialy (Seisoene 1-2)
Michael Edelstein (Seisoene 1-2)
Joe Keenan (Seisoen 3)
George W. Perkins (Seisoen 3-4)
Bob Daily (Seisoen 4)
John Pardee & Joey Murphy (Seisoen 4)
Kevin Murphy (koüitv.)
Chris Black (koüitv., Seisoen 2)
Larry Shaw (koüitv., Seisoen 3)
David Grossman (koüitv., Seisoen 3)
Redigeerder(s) Kevin Etten (Seisoen 1)
Jenna Bans & Josh Senter (Seisoene 2-3)
Dahvi Waller (Seisoen 3)
Kamera-opstelling Multikamera
Uitsending
Oorspronklike kanaal ABC
Beeldformaat (SDTV),
576i (SDTV),
720p (HDTV) ABC HD,
1080i (HDTV) Kanaal 4 HD
Klankformaat 5.1-kanaal ruimteklank
Oorspronklike lopie 3 Oktober 2004 – hede
Kronologie
Webskakels
Amptelike webwerf

Desperate Housewives is 'n Amerikaanse televisiereeks wat deur Marc Cherry, die reeksorganiseerder, geskep is en deur ABC Studios en Cherry Productions vervaardig word. Vir die vierde seisoen van die reeks was Marc Cherry, Bob Daily, George W. Perkins, John Pardee, Joey Murphy, David Grossman, Larry Shaw en Sabrina Wind die uitvoerende vervaardigers.

Die milieu van die verhaal is die straat Wisteria Lane in die fiktiewe Amerikaanse stad Fairview in Eagle State. Die verhaal volg hoofsaaklik die lewe van 'n groep vroue uit die perspektief van hul dooie buurvrou. Dit vertel van hul huishoudelike worstelinge en gesinslewe terwyl hulle met die geheime, misdade en raaisels gekonfronteer word wat agter die geslote deure van hul oënskynlik pragtige en skynbaar perfekte voorstedelike woongebied skuil.

Die reeks het 'n ensemble-rolverdeling waarvan die huisvroue Susan Mayer (Teri Hatcher), Lynette Scavo (Felicity Huffman), Bree van de Kamp (Marcia Cross) en Gabrielle Solis (Eva Longoria) aan die hoof staan. Die verteller is Mary Alice Young (Brenda Strong). Haar karakter verskyn ook sporadies in terugflitse of drome.

Sedert die reeks se première op die American Broadcasting Corporation (ABC) op 3 Oktober 2004 is dit krities sowel as deur die gehoor goed ontvang. Die reeks het al meermale Emmy-, Golden Globe- en Screen Actors Guild-toekennings ontvang, en daar is in April 2007 berig dat dit die gewildste TV-reeks in sy kategorie wêreldwyd is, met 'n gehoor van sowat 120 miljoen kykers.[1]

  1. Desperate Housewives On SABC3 Confirmed, TVSA News Desk, 3 April 2007.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search